Rewaldo Strauss, senter van Hopefield, druk sy span se eerste drie ná ’n beweging van meer as 90 m.Foto: Murphy Roberts


Hopefield het Saterdag sy eie verwelkomingspartytjie bederf.

Mamre, wat Hopefield Saterdag ná die Mamre-skorsing van drie wedstryde onthaal het, het met ’n geleerde skopvoet en ’n prins van vleuels gewys hy het nie verroes nie.

Hopefield, wat met 24-34 vasgeval het, was egter rustyd 16-13 voor. Hopefield, wat die wedstryd stadig begin het, het egter momentum gekry toe Mamre eerste punte aanteken met ’n strafskop. Die besoekers het die eerste 20 minute gesukkel om uit hul eie halfgebied te kom, maar was nie bang om die bal lug te gee nie.

Die span se eerste drie het ook gekom nadat hy omgekeerde besit gewen het van naby sy eie doellyn. Hopefield het sy ondersteuners hoop gegee met die meer as 90-m-drie deur die senter Rewaldo Strauss. Die wedstryd, wat ná die eerste 40 minute baie gelyk was, kon enige tyd nog enige kant toe swaai.

Terwyl die tuisspan se Edwill Okkers sy skopskoen saamgebring het, skyn dit Russel Smith het syne by die huis vergeet, wat gewis die verskil tussen wen en verloor was. Hopefield, wat in die tweede helfte kanse geskep het vir punte, was egter nie suksesvol nie. Smith kon die gang van die wedstryd met sy skopvoet bepaal, maar het met maklike strafskoppe na die pale verbrou. Hy het ook met ’n maklike skepskop naby die pale misluk, wat sonder twyfel ’n verskil kon maak.

Hopefield het egter nooit opgegee nie, maar die groen truie van Kenny Stadler was die hongerste van die twee spanne. . St. Helenabaai het ook Saterdag sy onoorwonne status in die liga teen die Cove verloor. Cove het die riller in die Agterbaai met ’n enkele punt gewen.

Die nuweling in die Boland- Grootuitdaag het met dié oorwinning ook gewys dat hy enige span op enige dag kan klop en spanne moenie dink hulle hoef net op te daag om te wen nie. Volledige uitslae: . WeskusSaldanha 33-24 Velddrif, Mamre 34-24 Hopefield, Vredenburg 46-15 Young Hearts; Piketberg 19-18 Langebaan en Steenberg’s Cove 38-37 St. Helena.. SwartlandWesbank 41-32 Moorreesburg, Riebeeck United 24-29 Never Despairs, Darling 64-13 Villagers Wittewater, Saron 26-34 Goodhopes en Young Eagles 22-29 Porterville

Die naweek se wedstryde is:. WeskusPaternoster t. Saldanha, Velddrif t. Vredenburg, Young Hearts t. Steenberg’s Cove, St. Helena t. Piketberg, Langebaan t. Mamre terwyl Hopefield ’n ruskans vat.. Swartland

Abbotsdale t. Wesbank, Moorreesburg t. Darling, Villagers Wittewater t. Young Eagles, Porterville t. Riebeeck United, Never Despairs t. Saron terwyl Goodhopes rus.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article