’n Geleentheid van ’n leeftyd het oor die pad van die Weskusser Revando van Wyk gekom.

Dié 19-jarige oudleerder en voormalige hoofseun van die Hoërskool Weston is deur die Universiteit Stellenbosch Internasionaal gekies om deel te wees van die Mipochange-somerskool-program in Italië. Die program word aangebied deur die Universiteit van Trento. Van Wyk studeer aan die Universiteit Stellenbosch en is ’n tweedejaar-onderwysstudent.

Dit sal Van Wyk se heel eerste keer uit die land wees – ’n droom wat waar geword het. Hy verduidelik hierdie geleentheid bied hom die kans om die kompleksiteite van internasionale menslike mobiliteit-regulering by die Universiteit van Trento te ondersoek asook om ander jongmense van verskeie lande te leer ken.

“Die program belowe ’n deurslaggewende verkenning van migrasiebeleid, waarin die evolusie en impak op hedendaagse globale dinamika ontleed word. Van die begrip van die geopolitiese konflikte oor migrasie tot die verskerping van praktiese navorsingsvaardighede, voorspel ek ’n transformerende ervaring wat my perspektief sal verbreed en my begrip van hierdie dringende kwessie sal verdiep,” vertel Van Wyk.

Om hierdie droom ’n werklikheid te maak, het Van Wyk egter finansiële hulp nodig. Hy het geld nodig vir etes, verblyf en sy visum.

Indien jy wil help of meer wil weet, kontak Van Wyk by 073 311 4969 of stuur e-pos na summerschool@sun.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article