Dié Salkor-atlete het hul staal gewys en altesaam 18 medaljes by die kampioenskap opgeraap.


Die Salkoriane het weer gewys dat hulle nie net goed kan presteer nie, maar ook die medaljes kan in-oes.

Die atlete het Saterdag 20 April by die Westelike Provinsie se baan- en veld-meestersatletiekkampioenskap op die Parow-sportterrein deelgeneem.

Salkor-atlete het altesaam vier goue medaljes, sewe silwermedaljes en sewe bronsmedaljes by die kampioenskap opgeraap.

Hier is die volledige uitslae:. Eugene Gouws (mans 37 jaar)

5 000 m-spoedstap: eerste in tyd van 38:03:37

Spiesgooi: tweede plek met ’n afstand van 13 m.

Gewigstoot: derde plek met ’n afstand van 7,66 m.. Hendrick Basson (mans 75 jaar)

Gewiggooi: tweede plek in ’n afstand van 6,76 m.

Diskus: tweede met afstand van 20,28 m.

Gewigstoot: tweede met afstand van 7,38 m.. Piet Dokter (mans 70 jaar)

Gewiggooi: eerste plek met afstand van 10,75 m.

Spiesgooi: derde plek met afstand van 19,71 m.. Patricia Mentoor (vroue 57 jaar).

Gewiggooi: derde plek met afstand van 34 m.

Spiesgooi: derde plek met afstand van 11 m. . Rencia Swartz (vroue 55 jaar)

Gewiggooi: tweede met afstand van 4,87 m.. Leandre Milfortd (vroue 41 jaar).

Gewiggooi: tweede plek met afstand van 3,46 m.

Gewigstoot: tweede plek met afstand van 4,99 m.. Welize Dokter (vroue 72 jaar)

Spiesgooi: derde plek met afstand van 10,67 m.

Gewigstoot: derde plek met afstand van 5,35 m.. Sakkie Mentoor (mans 71 jaar)

1 500 m: eerste plek in 7:34:03.

Hinderniswedloop 2 000 m: eerste in 12:27:67.

Hinderniswedloop: derde plek in 7:78:10.

Mentoor het namens die groep atlete almal bedank wat ’n geldelike bydrae tot die atlete se onkostes vir die kampioenskap geskenk het.

Die atlete se visier is nou op die Suid-Afrikaanse baan- en veld-meestersatletiek­kampioenskap in Potchefstroom in Mei in die McArthur-sportstadion.

Die twee atlete wat daar gaan deelneem, is Rencia Swartz en Leandre Milfortd.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article