A Strand couple has issued a warning to others not to be tricked into an apparent online trading scheme.


Veral pensioentrekkers en ouer mense is van die slagoffers van aanlynbedrogsake wat in die Weskus-polisiedistrik aangemeld word.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisie, val die publiek telkens vir oproepe van sogenaamde “bankamptenare”.

“Gewoonlik gee die ouer klaers gehoor aan die voorskrifte van die bedrieër en doen presies wat die ‘bankbeampte’ hom of haar voorskryf om te doen. Hulle plaas die geld oor na ’n ander rekening en gee enige sekuriteitsdetails wat die ‘beampte’ vra, want hulle glo dat hulle werklik met ’n bankamptenaar aan’t praat is. Dit is totdat hulle agterkom ongemagtigde transaksies het in hul rekeninge plaasgevind.”

Weslander het al verskeie berigte met waarskuwings oor aanlynswendelary gepubliseer.

Helfrich meen die publiek word oor en oor gemaan, maar steur hulle nie daaraan nie.

“ ’n Bankamptenaar sal jou nié bel om jou in te lig oor sogenaamde ‘ongemagtigde transaksies’ nie. Gaan eerder self bank toe en doen navraag voordat jy agterkom dat al jou geld uit jou rekening getrek is.

“Kry jou bank se toepassing (app) op jou foon, wat jou in staat sal stel om self te kan sien of ongemagtigde transaksies plaasvind of nie.

“Wees waaksaam om groot bedrae in jou lopende rekening beskikbaar te hê. Jy staan met vandag se swendelaars ’n kans om elke sent daarvan te verloor.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article