Hakuna Matata and friends, onder leiding van Irafaan Abrahams, het Saterdag (11 Mei) skoolskoene aan Steenberg’s Cove Primêr se leerders oorhandig. Hulle het ook heerlike kos voorberei en aan die leerders en gemeenskap uitgedeel. Die skool het ook skenkings van skryfbehoeftes ontvang. Die personeel is bederf met ’n heerlike ontbyt, ook voorberei deur die groep. Karyke Smit, waarnemende skoolhoof, sê hul harte loop oor van dankbaarheid. “Ons wens Hakuna Matata and friends alle seën en voorspoed toe.” Op die foto is Salie Price, Karyke Smit, Irafaan Abrahams en Sufyaan Davids.


Skoene vir koue voetjies

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article