Die medaljewenners Bradwin Jacobs, Nahum Laubscher, Zuhaida Williams, Noah Faulkner en Micheal Brown.


Weskus Stoeiklub, gestig in Maart vanjaar, het sy eerste toernooi gehou.

Die toernooi, genaamd Abraham Geldenhuys WP Ope, het op Saterdag 4 Mei in Bellville plaasgevind.

Die stoeiklub het 11 lede, maar net vyf het deelgeneem weens die ander wat elders verpligtinge gehad het.

Die doel van die stoeiklub is om die jeug, dié toekoms van môre, se balans, hand-oog-koördinasie en konsentrasie te bevorder en grootliks die euwels in die gemeenskappe te vermy deur middel van sport.

Die vyf kinders het goed gevaar en vyf medaljes verower.

Uitslae: Nahum Laubscher, seuns o.10 (silwer);

Noah Faulkner, seuns o.9 (silwer);

Bradwin Jacobs, seuns o.9 (brons);

Zuheida Williams, meisies o.9 (silwer) en Micheal Brown, seuns o.10 (brons).

’n Hartlike dankie gaan aan almal, die uitvoerende bestuur en ouers wat die toernooi moontlik gemaak het.

Vir enige navrae stuur ’n WhatsApp of skakel 083 842 3666.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article