Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se streekweervoorspellings sluit steeds ’n Geel Vlak 2-waarskuwing in.

Enigiemand wat van die see aan die Weskus gebruik wil maak, hetsy ’n visserman of hengelaar, moet in gedagte hou dié waarskuwing beteken dat moontlik skadelike golwe kusgebruikers van laagliggende rotse kan vee.

Dit voorspel ook probleme vir navigasie ter see.

Die waarskuwing raak die gebied tussen Saldanhabaai en die Kaap tot by Agulhas, hoofsaaklik in die oggend.

Die res van die naweek se weer lyk gunstig vir buitemuurse aktiwiteite.

Volgens die Weerdiens gaan dit gedeeltelik bewolk en koel tot warm wees.

Veral motoriste moet maar uitkyk vir die bewolkte weer met mis wat vir die oggende voorspel word. Die wind langs die Weskus sal matig tot fris suidoos waai. Die verwagte UVB-sonbrandindeks is matig, maar smeer steeds sonroom aan.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article