Die gemeenskap van Louwville is moeg van die voortslepende geweld wat die dorp ruk.
Dit nà ‘n skietvoorval vandag (Sondag 2 Junie) in Maclonstraat, Vredenburg plaasgevind het. Met die aankoms van West Coast Medical Rescue op die toneel is een volwasse man gevind met verskeie skietwonde en is hospitaal toe geneem in ‘n kritieke toestand.
Nog ‘n pasient—‘n polisieman is hospitaal toe vervoer in ‘n stabiele toestand, nadat die persoon in ‘n motorbotsing was op pad ná die misdaadtoneel. ‘n Inwoner, wie anoniem wil bly het aan Weslander vertel dat dit onwerklik is vir die gemeenskap dat sulke misdaad helderoordag gebeur het. “Dit kon soveel erger gewees het, daar kon ander verbygangers ook in die spervuur beland het. Vir ons as inwoners is dit baie traumaties. Ek het vir een oomblik gedink dat die seun sy lewe gaan verloor, maar ons vertrou die Here dat daar ‘n wonderwerk gaan gebeur.”
Hou die week se Weslander dop vir meer.




