Groot opgewondenheid heers in die gange van Weslander, met lesers wat met volgende week (6 Junie) se uitgawe ’n groot verrassing te wagte kan wees.
Sonder om te veel uit te lap, kan ons wel sê die aankondiging sal ’n besparing vir lesers inhou.
Lesers kan ook uitsien na ’n paar lekker pryse wat oor die volgende paar weke weggegee sal word.
Maak dus seker jy loop nie volgende week se Weslander mis nie!


