Die onlangse verkiesing het weer bewys dat politieke partye slegs lippediens aan mense lewer. Die hope verkie­singsbeloftes het niks opgelewer nie. Derhalwe moet mense leer om nie op politieke leiers staat te maak nie.

Suid-Afrika kan slegs ’n welvaart­staat word deur harde werk, finansiële geletterdheid en opvoedkun­dige pro­gramme. Die toekoms van die jeug hang aan skerwe met die dui­sende skoolkinders wat die skool son­der matriek verlaat.

Mense moet elke dag tot ons Almagtige God bid vir krag, nederigheid en positiewe energie.


Pieter Beukes, VREDENBURG

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article