Ingrid Vraagom, Antonius van Zyl, Dolfie de Bruin, Maryke Fourie en Denver Vraagom.Foto’s: Noluvu Ludidi


Die bekende akteurs Ingrid en Denver Vraagom het die Hoedjiesbaai-hotel ter viering van Vadersdag besoek.

Dié twee – bekend vir hul rolle as Vanessa en Sheldon in 7de Laan – het gaste die geleentheid gebied om lekker te gesels en foto’s saam met die paartjie te neem. Besoekers kon ook ’n heerlike middagete geniet.

Dolfie de Bruin, die bestuurder van die Hoedjiesbaai-hotel, sê dit was ’n suksesvolle Vadersdag. Baie mense was so gelukkig om hul televisiesterre te kon ontmoet. Daar was ’n paar emosionele oomblikke toe Ingrid gesels het oor hoe 7de Laan geëindig het, [maar] almal het lekker gelag ook.”

Die sangeres Magdel Spanellis het gaste vermaak.

De Bruin bedank almal wat die dag moontlik gemaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article