Die gimnaste van Azure-gimnastiekklub het op Saterdag 20 en Sondag 21 Julie aan die Wes-Kaapse kampioenskap in Stellenbosch deelgeneem. Die klub het vyf goue, drie silwer- en 10 bronsmedaljes gewen.
Daarby is nege gimnaste vir die Wes-Kaapse span vir die SA Spele in September gekies.




