Maak gereed vir die soet klanke van die Palissander Kamerkoor.

Van Saterdag 24 tot Saterdag 31 Augustus toer die Palissander Kamerkoor deur die Weskus met ’n program in drie dele, getiteld Drop in the ocean.

Palissander, een van Suid-Afrika se toonaangewende kamerkore, is ’n internasionaal erkende onafhanklike amateurkoor wat in 1992 gestig is. Die koor het tot dusver met groot sukses in onder meer Kanada, Noorweë en Denemarke opgetree.

Sarita Hauptfleisch, die koor se dirigent, het Palissander gestig met die doel om sielsmusiek te maak.

Dit het daartoe gelei dat die koor sowel plaaslik as internasionaal as ’n ambassadeur vir liefde en vrede bekendheid verwerf het.

Die koor tree op Maandag 26 Augustus ten bate van Huis Wittekruin by die NG kerk Saldanha op.

Kaartjies kos R50 en geld sal aan Huis Wittekruin geskenk word. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees. Maak seker jy loop dit nie mis nie.

. Kontak Erna du Plessis by 083 285 2729 of kontak Huis Wittekruin by 022 713 2230 vir besprekings en meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article