’n Man van Piketberg, wat daarvan aangekla word dat hy sy 81-jarige ma doodgeslaan het, se saak is tot Februarie uitgestel.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het Andrew Bilson (54) sy ma, Shirley Bilson, op Sondag 19 Januarie na die plaaslike hospitaal gebring.

Andrew, wat op die vlug geslaan het, is Maandag 20 Januarie vir ernstige aanranding in hegtenis geneem.

Ná sy ma se dood op Dinsdag 21 Januarie omstreeks 02:40 is die klag na moord verander. Sy ma het aan veelvuldige beserings gesterf.

Andrew het Dinsdag (28 Januarie) die tweede keer in die Piketberg-landdroshof verskyn, waar die saak tot Dinsdag 4 Februarie uitgestel is. Hy het nog nie om borgtog aansoek gedoen nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article