Die Laerskool Panorama in Vredenburg bedank Tekkie Town, Boland Blad, Boland-rugbyunie en Vredenburg-rugbyklub ter harte vir hul ruim en waardevolle skenking van rugbytoerusting vir die komende 2025-rugbyseisoen.

Dié skool glo dat hierdie bydrae ’n groot verskil in die lewe van die leerders gaan maak en sal die sportkultuur by die skool ’n groot hupstoot gee.

Volgens Hylton Langley, die hoof van die Laerskool Panorama, is die leerders diep dankbaar vir hierdie gebaar en waardeer hulle die ondersteuning wat hulle ontvang om hul vaardighede te slyp en hul liefde vir die sport uit te leef.

“Hierdie toerusting sal verseker dat hulle goed vir elke wedstryd voorberei en die veld vol selfvertroue sal betree. Ons wens al ons spanne en afrigters sterkte toe vir ’n suksesvolle en geseënde 2025-rugbyseisoen. Mag hierdie seisoen vol hoogtepunte wees, en mag elke speler in sy/haar sport, dissipline en spanwerk groei.

“Baie dankie ook aan ons borge vir hul volgehoue ondersteuning van plaaslike sport en ontwikkeling,” sê Langley.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article