Die Hoërskool Vredenburg het sy interhuis-byeenkoms op Woensdag 22 en Donderdag 23 Januarie gehou. Dit was twee dae se groot pret en die atlete het uitgehaal en gewys. Soos hul tradisie bepaal, het die gr. 12-leerders hul laaste rondte om die atletiekveld saam met hul onderskeie onderwysers gemaak. Die Columbine-span het die interhuis-byeenkoms met 781 punte gewen en die Merenstein-span het 685 punte aangeteken.


Gr. 12’s en onnies saam om veld

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article