Dié alombekende Sonja Herholdt kom Saterdag 15 Februarie vir twee vertonings na Die Koelkamers toe.
Om 11:00 bring sy vreugde op die gehoor se gesigte met die aanbieding van Sonja en Tjokker, wat al sedert 2012 gehore oor Suid Afrika heen vermaak. Gaste kan uitsien na bekende en nuwe liedjies in Afrikaans en Engels in hierdie interaktiewe en leersame vertoning. Kaartjies kos R100.
Om 17:00 neem Sonja gaste op ’n nostalgiese reis met haar vertoning Tydloos, wat die gehoor terugneem na die era van Springbok Radio. Sonja sing van haar bekende en ander immergroen-liedjies, soms met akoestiese klavierbegeleiding, wat ’n vars en unieke ervaring sal bied. Kaartjies vir hierdie vertoning kos tussen R253 en R345.
. Besoek www.diekoelkamers.com om vir al twee die konserte te bespreek.





