Rainbow Chicken is trots daarop om ontwikkelingsgeleenthede vir werknemers te skep, met vaardigheidsontwikkeling en internskappe wat individue bemagtig om in hul loopbaan te vorder.


Rainbow Chicken se derde verwerkingsaanleg is byna 50 jaar gelede, in 1976, in Worcester in gebruik geneem.

Dié aanleg het sedertdien een van Worcester se grootste werkgewers geword, wat werk aan sowat 2 200 individue verskaf.

Dit is ’n baken van ondersteuning en groei, wat ’n beduidende bydrae tot die plaaslike ekonomie lewer deur ’n bestendige kapitaal­vloei na die breër Breedevallei-munisipaliteit te verseker.

Die maatskappy se invloed strek verder as blote ekonomiese faktore en sluit ’n verskeidenheid inisiatiewe in om die gemeenskap op te hef en te ondersteun.

Allan Hankey, ’n senior MH sakegenoot by Rainbow Chicken Bpk., sê: “By Rainbow glo ons ondernemings floreer wanneer hul gemeenskappe floreer. As ’n trotse deel van die Wes-Kaapse gemeenskap is ons aanleg nie net ’n produksiefasiliteit nie – dit is ’n middelpunt van geleentheid, groei en hoop vir die streek.”

Belegging in die toekoms

“Ons verbintenis tot die gemeenskap begin by sy jongste lede,” sê Hankey.

VroeëKinderontwikkeling (VKO) is ’n hoeksteen van ons korporatiewe maatskaplike beleggingsinisia­tiewe.

Die aanleg se vennootskap met die Do More-stigting fasiliteer vrywillige werk en werk nou saam met plaaslike skole en gemeenskapsentrums om VKO-programme te verbeter, wat kinders die nodige grondslag vir ’n beter toekoms bied.

Bemagtiging deur indiensneming en ontwikkeling

Rainbow is trots daarop om ontwikkelingsgeleenthede vir werknemers te skep, met vaardigheids­ontwikkeling en internskappe wat individue bemagtig om in hul loopbaan te vorder.

Die fokus is op die koestering van talent in die gemeenskap, wat verseker dat daar ’n pyplyn van bekwame werkers is wat gereed is om tot die plaaslike ekonomie by te dra. Rainbow het die afgelope jare ’n beduidende toename in die inname van internskappe ervaar, wat die maatskappy se verbintenis tot die ontwikkeling van plaaslike talent weerspieël.

Rainbow Chicken is trots daarop om ontwikkelingsgeleenthede vir werknemers te skep, met vaardigheidsontwikkeling en internskappe wat individue bemagting om in hul loopbaan te vorder.

Rainbow Chicken is trots daarop om ontwikkelingsgeleenthede vir werknemers te skep, met vaardigheidsontwikkeling en internskappe wat individue bemagting om in hul loopbaan te vorder.

’n Sterk vennootskap met plaaslike regering

Samewerking is die kern van wat Rainbow doen.

Die leierskapspan skakel van tyd tot tyd met die plaaslike regering om te verseker dat hul pogings by die gemeenskap se behoeftes aansluit. Rainbow se vennootskap met die plaaslike regering is ’n dinamiese en veelsydige verhouding wat verder as blote nakoming strek.

Dit is ’n bewys van die maatskappy se verbintenis om ’n verantwoorde­like korporatiewe burger en ’n ware vennoot in die gemeenskap se vooruitgang te wees.

Die hart van ons missie

Rainbow , wat deur vyf kernwaardes – samehorigheid, verbondenheid, groei, kreatiwiteit, en kliënt- en verbruikers­gedrewenheid – gelei word, streef daarna om ’n betekenis­volle invloed binne en buite die onderneming te hê.

Die maat­skappy se bydraes tot Worcester se sosiale en ekonomiese struktuur is ’n bewys van wat bereik kan word wanneer ’n onderneming se sukses gepaard gaan met ’n opregte verbin­tenis tot gemeen­skaps­welstand.

“Terwyl Rainbow Chicken sy reis voortsit, bly ons toegewy aan die bou van ’n goeie toekoms vir almal, wat die waardes beliggaam wat ons definieer en die nalaten­skap wat ons wil agterlaat,” sê Hankey.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article