Ná die sukses van haar somervrystelling, “Rustyd en Herhaal”, het die geliefde liedjieskrywer en sangeres Luna Paige so pas haar nuutste enkelsnit, “Die Oral”, bekendgestel, ‘n lied wat diep delf in menslike verbondenheid en die universele behoefte om te behoort.
Die inspirasie vir “Die Oral” het ontstaan tydens Paige se reise in 2024, op ‘n stoep in Porto, Portugal.
Terwyl sy mense van alle ouderdomme en agtergronde dopgehou het, families wat op die kaai saam lag en tieners wat flankeer op hawemure, is sy herinner aan hoe eenders mense oor die wêreld heen is, en hoe afhanklik ons van mekaar bly, ongeag plek of taal.
“Om ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land te wees, herinner jou net weer aan hoe eenders ons almal is en hoe maklik ons dit wat ons as mense bind, uit die oog verloor,” vertel Paige.
“Ek het die frase everywhere people loving people everywhere neergepen, en met my terugkeer na Suid-Afrika het ‘Die Oral’ lewe gekry.”Aan die plaaslike front kan musiekliefhebbers uitsien na Paige se optrede by Die Koelkamers op Donderdag 19 Februarie, waar sy haar nuwe musiek met die gehoor sal deel.
Die vertoning begin om 19:00, met kaartjiepryse wat wissel tussen R115 en R238.
Bespreek by www.diekoelkamers.com.Kaartjies weggegee
Een gelukkige wenner geniet die kans om twee kaartjies vir die vertoning te wen.
Vraag: Waar het Luna Paige se inspirasie vir “Die Oral” ontstaan?
Stuur jou antwoord via WhatsApp na 082 576 0454.





