Die Laerskool Vredenburg is ongelooflik trots om die leerders aan te kondig wat vir 2026 aangewys is as:
Skolierpatrollie, Noodhulphelpers, Mediahelpers en Snoepiehelpers
“Baie geluk aan elkeen van julle! Ons weet julle gaan hierdie rolle met trots, verantwoordelikheid en ‘n positiewe gesindheid vervul,” sê die skool.
“Dankie dat julle bereid is om ‘n verskil te maak en ons skool nóg beter te help werk.
“Ons sien uit na ‘n wonderlike 2026 saam met julle.”








