‘n Groep onderwysers van die Laerskool Panorama het onlangs hul nuwe skoolgebou verken. Volgens Hylton Langley, die skoolhoof, was die opwinding op hul gesigte onmiskenbaar. “Met elke lokaal wat hulle besoek het, elke nuwe fasiliteit wat hulle ontdek het en elke visie wat begin vorm aanneem, was dit duidelik – iets besonders lê voor. Ons span kan nie wag om in hierdie nuwe ruimte te werk, te groei en vir ons leerders ‘n leeromgewing van wêreldgehalte te bied nie. Die energie, entoesiasme en pure passie was deur die hele besoek voelbaar — ‘n ware weerspieëling van hoe toegewy hulle is.” Langley bedank elke opvoeder wat hierdie nuwe hoofstuk met ‘n oop gemoed, ‘n positiewe gesindheid en opregte opgewondenheid aanpak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article