Panorama Primêr se leerders het in pienk gepryk ter ondersteuning van Kankerbewusmakingsmaand. Die leerders, onderwysers en ouers het met groot entoesiasme aan hierdie spesiale dag deelgeneem. Alle geld wat ingesamel is, is met trots geskenk aan ‘n organisasie wat ‘n belangrike rol in die ondersteuning van kankerpasiënte vervul – ‘n klein gebaar met ‘n groot hart. ‘n Groot dankie gaan aan alle ouers, onderwysers en leerders wat hierdie dag moontlik gemaak het. “Jul ondersteuning en samehorigheid wys weer eens: by Panorama Primêr gee ons om.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article