Die Saldanha Tigers-rugbyklub maak gereed om môre (Saterdag 11 Oktober) kragte te meet teen die Evergreens-rugbyklub op hul tuisveld op Wellington in die Super 16-reeks.
Die span wat gaan meeding is op Donderdag 9 Oktober aangekondig en hulle het ook hul volle uitrustings ontvang, danksy Guardvest Bluestar ‘n filiaal van Sanlam, Debruyn-prokureurs, die Weskus-gemeenskapstrust en die Landbou-, Voedselverwerkings-, Visvang- en Kleinhandelbedryfwerkersunie (Afriwu).
Volgens Heinrich Koopman, voorsitter van die Saldanha Tigers-rugbyklub, is hierdie ‘n groot geleentheid vir beide die klub én die gemeenskap van Diazville.

“Ek is geweldig trots met ons vordering so ver. Dit is geskiedenis wat ons hier gaan maak en ‘n groot prestasie. Ek sien uit om die wen huis toe bring vir Diazville en die gemeenskap in geheel. Bo alles hoop ek dat die span dit sal geniet.”
Koopman glo hulle sal die gemeenskap en hul borge trots maak. “My wense vir die span is om as oorwinnaars uit die stryd uit sal tree.”






You must be logged in to post a comment.