Gaste is met hul eie glimverf en kwaste begroet. Foto’s: NG Kerk Laaiplek

Nes fosfor op donker nagte strepe oor branders verf, so het hul glimverf-kunswerke eers sigbaar geword toe die ligte afgeskakel is.

Lidmate van die NG kerk Laaiplek het verlede Saterdag (14 Junie) geleer om vir die donker te skilder. Glimverf is gebruik om lewe aan hul verbeeldingryke skeppinge te gee by die genotvolle Skink en Skilder-aand by die Soverby Lapa tussen Velddrif en Dwarskersbos.

Deelnemers het dit as ‘n wonderlike aand beskryf waar hulle as gemeente én gemeenskap saam kreatief kon wees, saam kon lag, kuier en vreugde deel – alles in ‘n gees van liefde en verbondenheid. Almal het lekker geëet en gedrink en litte op die dansbaan losgemaak.

Die kerk, wat vanjaar sy 60ste bestaansjaar herdenk, bedank elkeen wat deel was van die spesiale aand. “Julle het dit werklik besonders gemaak.”

Glimverfwerk verg fyn konsentrasie. Bo is Johann Foot en sy vrou, Annatjie.
Lekker om saam te verf. Van links is Kotie Kritzinger saam met André en Lize Brand.
Mariaan Lambrechts, André Mostert en Susan Mans geniet die geverwery.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article