Die Hoërskool Hopefield het vanjaar die eerste keer die Fourie-10’s-netbal-en-rugbytoernooi aangebied. Die Laerskool Vredenburg het aan die gekombineerde o.12- en o.13-afdelings deelgeneem. Die netbal- meisies het alle verwagtinge oortref en puik gespeel. Hulle het elk van hul vier wedstryde gewen en is ook as die algehele wenners aangewys. Die skool is baie trots op die vier meisies wat as Speler van die Wedstryd aangewys is, naamlik Leesah de Klerk, Hay-Lee Jade Dodd, Andrea Lewaks en Zharia Londt.

Laerskool Vredenburg kraai koningin op die netbalbaan

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article