 ‘n 21-jarige man is Sondag (25 Mei) omstreeks 01:40 in Melastraat,

Witteklip, aangerand. Hy ontvang steeds mediese behandeling terwyl die Vredenburg-polisie ‘n saak van poging tot moord ondersoek.

. ‘n 28-jarige man van Papegaaistraat, Malmesbury, het Sondagoggend (25 Mei) omstreeks 06:20 gehoor hoe sy voorhek toegaan. Hy het die deur oopgemaak en drie mans in sy erf sien staan. Die mans het uit die erf gegaan terwyl die klaer by die deur gestaan het, maar een van die betreders het egter omgedraai en ‘n vuurwapen op die man gerig. Die man het die deur toegemaak, waarna ‘n koeël die ruit in die deur getref het. Die verdagte het die patroondoppie opgetel en weggeloop.

Niemand is beseer nie, maar ‘n saak van poging tot moord word ondersoek.

. Rudowaar Moos (29) is die afgelope Saterdag (24 Mei) omstreeks 23:20 só erg in Eikehoutstraat, Kalbaskraal, by Malmesbury aangerand dat hy mediese behandeling moes ontvang.

Hy is egter in die hospitaal dood as gevolg van erge kop- en inwendige beserings. Die Malmesbury-polisie ondersoek ‘n saak van moord.

. Denvil Klaase (47) is Vrydag (23 Mei) omstreeks 15:15 na bewering deur

Branden Boois (35) met ‘n mes in die nek gesteek. Boois is in hegtenis geneem en het Maandag (26 Mei) in die Lutzville-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

. Die Vredendal-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n vierjarige seuntjie die afgelope naweek (op Sondag 25 Mei omstreeks 13:40)

op die pad tussen Lambertsbaai (R363) en Vredendal deur ‘n voertuig getref is.

Die kind is op die toneel oorlede.

. Weslander stel weekliks ‘n vinnige oorsig oor die misdaadgebeure van die afgelope tyd saam, in samewerking met kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article