Die Weskus is dié week deur twee tragedies geruk wat die lewe van vier geliefde inwoners met ‘n hart vir hul gemeenskap, geëis het.

Weslander berig vandeesweek oor die skietdood van ‘n gerespekteerde rugbyafrigter wat nie net die plaaslike rugbygemeenskap armer laat nie, maar ook sy lewensmaat en drie kinders. In nog ‘n tragiese gebeurtenis is drie Weskus-

sers die naweek dood ná ‘n gru-ongeluk in Namibië waarin altesaam ses mense dood is.

Die botsing het naby hul eindbestemming in Windhoek plaasgevind.

Twee was jong talent met ‘n belowende loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf.

Al vier het planne gehad ­­– vir die 24 uur wat voorgelê het en die toekoms, maar die planne is kortgeknip – een deur ‘n sinlose moord en een deur ‘n tragiese sameloop van omstandighede.

Dit herinner ons maar net weer eens hoe vlietend die lewe is, hoe ons nooit weet wat die dag van môre inhou nie en ook nie of ons die kans gaan hê om vir oulaas ‘n geliefde te druk of te sê ons is lief vir hulle nie. Gebruik die tyd wat jy het, gryp geleenthede aan en moenie laat klein verskille broeiplek vind om groter te word nie; pak dit aan en beweeg aan, want môre is vir niemand gewaarborg nie.

Weslander spreek graag sy medelye uit met die families in die onderskeie tragedies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article