Die jaarlikse Ysbeer-kouewaterswemseisoen het begin, met ses byeenkomste wat beplan is vir die Vrystaat en Wes-Kaap tussen 27 Junie en 25 Julie.
Die seisoen begin oudergewoonte by die Willem Pretorius-natuurreservaat naby Ventersburg, op 27 Junie; gevolg deur die Doringbos-byeenkoms in Bloemfontein, op 4 Julie, as deel van die Agri Drags-byeenkoms.
Rogge Cloof in Sutherland bied sy hoofbyeenkoms aan op 11 Julie, met swemgeleenthede wat deur die loop van die jaar op aanvraag beskikbaar is. Victoriabaai en Santos in Mosselbaai volg onderskeidelik op 18 en 19 Julie.
Die seisoen sluit af met ‘n eerste swemgeleentheid by Groot Brakrivier, op 25 Julie.
LEES OOK: Vrystaters bibber baie vir goeie doel by Ysbeerswem buite Bloemfontein

Alle dagswemgeleenthede vind plaas om 12:00, met opsionele nagswem-uitdagings om 20:00. Dagswemgeleenthede kos R100 per persoon, terwyl dit in die nag R300 per persoon kos. Hektoegangsgeld, waar van toepassing, is R100 per voertuig.
Geld wat ingesamel word sal Search and Rescue SA (Sarza) en Johenco, Sutherland se ouetehuis, ondersteun.
Vir akkommodasie by Willem Pretorius, skakel 078 728 2027. Vir Doringbos, skakel 082 376 8902. Algemene navrae kan gerig word aan Felix Burri, by 082 851 4584.
Hou Polar Bear/Ysbeerswem op Facebook dop om op die hoogte te bly.
LEES OOK: Swem dié winter soos ‘n ysbeer en maak hulporganisasies se harte warm




You must be logged in to post a comment.