Van die toerusting en gouddraende-stof waarop die Welkom-blitspatrollie beslag gelê het. Foto: SAPD

Verdagtes ontsnap uit die polisie se visier

Van die toerusting en gouddraende-stof waarop die Welkom-blitspatrollie beslag gelê het. Foto: SAPD


Onwettige mynwerkers, oftewel zama-zamas, is weer bedrywig in St Helena, Welkom, maar hul aktiwiteite is deur die vinnige optrede van ’n private veiligheidsmaatskappy gekortwiek.

Op 24 November het werknemers van die sekuriteitsmaatskappy inligting ontvang van ’n moontlike ontvoering wat tussen Naudeville en die St Helena-hospitaal aan die gang was. Met hul aankoms was daar geen ontvoering nie, maar beweging in bosse rondom die gebied het dit onder hul aandag gebring dat daar onwettige mynboubedrywighede aan die gang was.

Die Welkom-blitspatrollie is na die toneel ontbied, maar die verdagtes het ontsnap.

Daar is beslag gelê op onwettige myntoerusting soos emmers, grawe en ander artikels. Gouddraende-stof is ook gevind.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article