Johan Slabbert (hoof van Welkom-Gimnasium) met die eerbewys vir die skool wat die beste in die Lejweleputswa-onderwysdistrik presteer het. Dit is die derde jaar dat die skool hiervoor vereer is. Saam met hom is Phahello Zonke (direkteur van onderwys in die distrik).


Welkom-Gimnasium het ’n derde jaar agtereenvolgens die beste in die Lejweleputswa-onderwys­distrik presteer.

Distriksdirekteur Phahello Zonke het die eerbewys aan skoolhoof Johan Slabbert oorhandig op ’n glansgeleentheid op 23 Februarie by die Laerskool Lemotso.

Welkom-Gimnasium is ook as die beste presterende skool in rekeningkunde vereer.

Altesaam 14 van die skool se personeellede is vir uitstaande vakprestasie vereer.

Al die bogenoemde eerbewyse is toegeken na aanleiding van akademiese prestasie behaal deur gr. 12-leerlinge van 2022 tydens die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article