Die eindstryd van die o.13-rugby (blou afdeling) is in die laaste minuut beklink deur ’n drie gedruk deur die heelagter van Trio Primêr. Hier oorhandig Piet Odendaal (hoof, Laerskool Odensia) die trofee aan die wenspan. Trio het die blou-afdeling (o.13A) van die eindstryd met 11 – 7 teen Voluit gewen. Foto: Facebook

Credit: SYSTEM

Die Trio het die geel afdeling (o.11A) van die bekerfinaal 24/15 teen Brandwag gewen. Photo: Marti Will

Tydens die eindstryde van die Vista-Odensia-aandreeks is goeie rugby en netbal gespeel. Die kampioen van die aandreeks se o.13-rugby is die Trio Primêr, wat die Laerskool Voluit met 11 – 7 geklop het.

Die oorwinning is in die laaste minuut beklink toe die heelagter van Trio die bal uitstekend ná ’n skop van Voluit uit die lug raakgevat het en in die hoek van die veld gaan druk het. Hierdie toonbeeld van die speler se spelvernuf word as die mooiste drie van die toernooi beskryf.

Die o.11-bekereindstryd is ook deur Trio gewen, met ’n oorwinning van 24 – 15 teen die Brandwag-Volkskool.

Die netbal-eindstryd het kookwaterspel opgelewer.

Die Laerskool Riebeeckstad het Brandwag met 15 – 10 in die o.12-bekereindstryd geklop.

In die o.13-bekereindstryd het Trio die Laerskool Nelsdrif met 14 – 10 geklop.

Piet Odendaal, hoof van die Laerskool Odensia, sê van die eerste dag af het die rugby- en netbalspanne uitstekende spel gelewer en is almal getrakteer op opwindende en gehaltelaerskoolrugby en -netbal.

Veral in die eindstryde is puik rugby en netbal gespeel, en die lae tellings het dit weerspieël.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article