Die verklaring van die nasionale vervolgingsgesag oor 'n Welkomse prokureur
Die verklaring van die nasionale vervolgingsgesag oor ‘n Welkomse prokureur

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, het met kommer kennis geneem van die onlangse verspreiding van gerugte in die straf- regtelike verrigtinge teen Jan Gysbert Maritz, ‘n bekende prokureur van Welkom.

Maritz (57) is vroeër op verskeie aanklagte,insluitend verkragting, in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind.

Mojalefa Senokoatsane, woord-voerder van die NVG , sê in teenstelling met die ongegronde openbare bewerings dat “niks met die saak gebeur het nie” of dat Maritz nie skuldig bevind is nie”, bevestig die NVG dat Maritz inderdaad skuldig bevind is aan verskeie ernstige seksmisdrywe, insluitend verkragting, skuldig bevind is.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het hom skuldig bevind.

In ‘n mediaverklaring sê Senokoatsane dat die NVG se doel met dié verklaring is om die openbare rekord reg te stel, begrip van die strafregstelsel te bevorder en die waardigheid en privaatheid van die slagoffers te beskerm.

Maritz het vroeër op 18 aan-klagte ingevolge die Wysigingswet op die Strafwet (Seksuele Oortre-

dings en Verwante Aangeleent-hede) Wet 32 van 2007, asook ‘n bykomende aanklag van aanranding, terreggestaan.

Die seksuele misdrywe het oor sewe jaar plaasgevind, tussen 2007 en 2014, in Virginia, Welkom en Odendaalsrus in die Vrystaat plaasgevind.

Al sy slagoffers was onder die ouderdom van 18 jaar toe die misdrywe gepleeg is.

Op 17 Mei 2021 het Maritz aanvanklik onskuldig gepleit. Op 21 Mei 2021 het hy egter formele erkennings ingevolge Artikel 220 van die Strafproseswet,Wet 51 van 1977 gemaak, wat deur die hof aanvaar is.

Gebaseer op hierdie erkennings het die hoogeregshof hom op 16 aanklagte skuldig bevind, insluitend drie aanklagte van verkragting en verskeie ander aanklagte wat seksuele misdrywe teen minderjariges behels, sê Senokoatsane.

Ná sy skuldigbevinding het Maritz sy regsverteenwoordiging verander en adv. Dawie Joubert SC aangestel, wat twee aansoeke, insluitend ‘n aansoek dat regter Soma Naidoo, op gronde van beweerde vooroordeel haar aan die verhoor onttrek, asook ‘n aansoek om Maritz se erkennings ter syde te laat stel.

Die hoogeregshof het albei aansoeke van die hand gewys en bevestig dat die verhoor regverdig en sonder vooroordeel was, sê Senokoatsane.

Hy sê verder ‘n aansoek om die ontrekking van Naidoo is ook deur die appèlhof van die hand gewys en daarna het die konstitusionele hof geweier om die saak aan te hoor, wat daarop dui dat alle regsremedies uitgeput is.

Maritz se pogings om sy erkennings terug te trek was tot op hede, onsuksesvol.

Sy vonnisoplegging is tot

6 Oktober in die hoogeregshof uitgestel. Die hof sal na verwagting die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf oorweeg, ingevolge artikel 51(1) van die Strafregwysigingswet 105 van 1997 weens die verkragting wat minderjariges onder verswarende omstandighede.

Die NVG veroordeel die opsetlike verspreiding van wanligting rakende hierdie saak. “Sulke optrede ondermyn nie net die publiek se vertroue in die strafregsstelsel nie, maar kan ook verdere emosionele skade en sekondêre trauma vir die slagoffers veroorsaak, sê Senokoatsane.

“Die NVG doen ‘n beroep op alle lede van die publiek om nie vals of misleidende stellings te maak of te verspei wat die regsproses kan belemmer nie.”

Volgens Senokoatsane bly die NVG vasbeslote in sy grondwetlike mandaat om die oppergesag van die reg te handhaaf, geregtigheid vir slagoffers van seksuele en geslagsgeweld te verseker en oortreders aanspreeklik te hou, ongeag hul professionele of sosiale status. Die NVG sal voortgaan om alle sake te vervolg sonder vrees, guns of vooroordeel, sê Senokoatsane.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article