Lede van die SANW by die padblokkade wat by Ventersburg gehou is.Foto: Verskaf

Polisie maak hul teenwoordigheid in Ventersburg bekend


Die gesamentlike polisieoptrede Operasie Vhutho Hawe is op 26 April in Ventersburg uitgevoer.

’n Padblokkade is in Ventersburg gehou. Foto: Verskaf

Die volgende polisiekantore en departemente was betrokke: Ventersburg, Verkeerdevlei, Winburg, die Welkom-eenheid vir openbare-orde-polisiëring, die departement van binnelandse sake, die provinsiale verkeersdepartement en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).

Kapt. Lefu Thamae, Ventersburg se stasiebevelvoerder, was die operasionele bevelvoerder.

Gesamentlike magte het tydens die Vhutho Hawe-polisieoptrede in Ventersburg opgetree.Foto: Verskaf

Toe hy die parade toegespreek het, het hy genoem dat die doel van die optrede was om polisiesigbaarheid te bewerkstellig deur blouligpatrollies, stop-en-deursoekings, voertuigkontrolepunte en ’n padblokkade uit te voer.

Daar was polisiesigbaarheid in Ventersburg se sentrale sakedistrik, vragmotor-stoppunte en ook optredes in die naburige Mmamahabane. Die gesamentlike span het ook ’n padblokkade op die N1-hoofweg uitgevoer.

Vyf verkeersverwante boetes is uitgereik, nege onwettige immigrante is in hegtenis geneem, en 211 voertuie en 195 persone is deursoek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article