Leerlinge van Ventersburg en Mmamahabane het op 05/08 deelgeneem aan ’n optog deur die strate om bewustheid te skep oor afknouery, boeliegedrag, kindermishandeling en dwelms.


Die Departement van Onderwys het in Ventersburg ’n optog gereël om bewustheid onder die inwoners te skep oor hulle kommer oor afknouery, boeliegedrag kindermishandeling en dwelms.

Die optog is op 05/08 deur die strate van Mmamahabane en Ventersburg se middedorp gehou.

“Inwoners en die jeug word versoek om dwelmhandelaars te identifiseer om sodoende die polisie te help om hierdie plaag te bekamp. Inligting kan anoniem by die polisie se noodnommer 08600 1011 deurgegee word.

Hierdie inligting sal verseker dat ons die dwelmhandelaars kan vasvat, en hulle bedrywighede bekamp,” sê kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder vir die SAPD in Lejweleputswa.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article