Komiteelede van die Goudveldse Motorfietsvereniging (GMA) is van links, voor: Alicia van Zyl, Christelle Christowitz, Arné van Zyl en Corné van Zyl

Die Goudveldse Motorfiets­vereniging (GMA) bedryf op Saterdag 4 November sy jaarlikse Day of the Kids-projek.

Die klub gee behoeftige kinders ’n vroeë Kersgeskenk, roomys, kolwyntjies, lekkergoed, rugsakke en water­bottels.

Op dié dag sal Kersvader en geliefde karakters soos Spongebob en Olaf van Frozen-faam die kinders besoek en vermaak. Target-myn se protospan sal ook met hul rooi brandweerwa saamry en die sirenes laat loei.

Die GMA bied die spesiale dag vir kinders jaarliks sedert die vroeë 1990’s aan. Deur die jaar samel die lede geld in en sakeondernemings sit hand by om die dag moontlik te maak.

Die Welriedal-, Maanblom-, Welkom- en Merafong-jeugsorgsentrum, die Sonskyn-projek, Huis Emmanuel, House of Hope, House of Peace en die Amari-skool gaan besoek word.

Op Saterdag 11 November gaan die GMA na Winburg om by die inwoners van die Agapé-tehuis vir volwasse gestremdes te kuier en hulle te bederf.

Vir meer inligting omtrent die projek, of om betrokke te raak, rig navrae aan Christelle Christowitz by 060-390-3066.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article