Op Solidariteit se jaarlikse Sterre in die Gemeenskap-glansgeleentheid, wat vanjaar op 5 Desember in Pretoria gehou is, is buitengewone mense in alledaagse beroepe vereer.
Miné Reynders van die Orion-vaardigheidskool is vir onbaatsugtige werk in haar gemeenskap vereer.
Eerbewyse word aan werknemers toegeken vir hul unieke, onbaatsugtige en passievolle bydraes tot gemeenskappe.
Reynders, maatskaplike werker aan die skool, het in Maart die Hoopdraer-eerbewys vir die Vrystaat ontvang en was onder die drie topmaatskaplikewerkers. Sy is vereer met die tweede plek in die afdeling Hoopdraer in die gemeenskap. Die geleentheid word saam met Solidariteit Helpende Hand aangebied om die onvermoeide pogings van maatskaplike werkers te erken.





