Louis oortref homself by die Berlyn-marathon met ‘n persoonlike beste tyd

Louis Fourie het op 24 September sy derde groot stadmarathon voltooi.

Verskaf

Louis Fourie het op 24 September sy derde groot stadmarathon voltooi. Hy het die beroemde Berlyn-marathon in sy beste tyd tot nog toe (03:34) voltooi. “Dit was my derde ster van die ses Majors. Ek het nou London, Chicago en Berlin gedoen, en volgende op die lys is die Boston-marathon,” sê Louis. Daar het verlede Dinsdag 48 000 atlete deur die strate van Berlyn gehardloop. “Dit was ’n ongelooflike ervaring en ek kan nie beskryf hoe dit voel om deur die strate van dié stad, met al die mense langs die pad wat jou ondersteun, te hardloop nie. Die Suid-Afrikaanse-vlag kleredrag trek ook baie aandag en mense van alle lande ondersteun jou,” sê hy met trots.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article