Heidi Mc Laren, Jeugleraar NG Bedelia

Ek sit met God se Woord en my hart het ‘n verlange na ‘n vers. Ek moet sê dit is sommer net ‘n gebed om te vra: “Here praat met my, ek wil U nabyheid beleef.”

Ek kan weer getuig dat as ons stil word kan ons met vertroue sê Hy hoor ons gebed. Hier is verse wat jy kan lees om net weer jou geloof te versterk, God hoor ons gebed: Psalm 34:18, Jesaja 65:24 en Jeremia 16:23.

God verstaan ons gedagtes en ons hartsbegeertes. Ek kan nie sê hoe ek by Eksodus 15:2-3 uitgekom het nie, maar toe ek die vers lees toe weet ek net. Hier is die vers ook vir jou:

Die Here is my krag en my beskerming.
Hy het tot my redding gekom.
Hy is my God, Hom roem ek,
Die God van my voorvaders, Hom prys ek. Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is ‘die Here’.

Heidi Mc Laren is ‘n jeugleraar by die NG kerk Bedelia

Die Here is my krag en my beskerming.

Hy het tot my redding gekom.

Hy is my God, Hom roem ek,

Die God van my voorvaders, Hom prys ek. Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is ‘die Here’.

Wat ‘n bevestiging.

Vir my was dit ‘n oomblik om God se naam te prys. Om stil te word en om saam met Moses terug te dink en God “lof-verheerliking” te gee vir sy grootheid.

As ek net aan Moses dink; sy verhaal vertel soos wat ons dit ken. Dan sit ek terug en vertel my verhaal – en deur alles weet ek God is naby my. Ek verstaan nie, maar ek weet elke dag, elke oomblik is Hy naby my. God is in my.

Hy maak die verskil. Dit is my hartsbegeerte dat jy daar waar jy die artikel lees, ‘n oomblik sal gebruik om lof en verheerlikiing te doen. Soos ‘n Moses om vir ons Vader te kan dankie sê vir alles – die goed en die sleg, met die wete jy is nooit alleen nie. Hy is met jou.

■Heidi Mc Laren is ‘n jeugleraar by die NG kerk Bedelia.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article