Willizé Watt, kaptein van Welkom-Gimnasium se eerste meisies- hokkiespan:
Beste Gimmie-familie en hokkie-onder-steuners, die wag is verby.
Die veld is reg, ons stokke is reg, en die Gimmies se harte klop vinniger as ooit. Om hierdie span in 2026 te lei teen Gouties is my grootste eer. Ons harte is reg, ons fokus is vas.
Dit is waarvoor ons hardloop, sweet en veg. Wanneer ons daardie swart trui oor ons koppe trek, speel ons nie net vir onsself nie, maar vir elke Gimmie wat voor ons was en elkeen wat vandag hier is. Gouties, ons respekteer julle as teenstanders, maar weet, op dié veld los ons alles. Ons gaan met passie speel, met integriteit veg, en ons skool se naam hooghou.
Aan my span: Kom ons wys hulle wat ware Gimmie-gees beteken. Vertrou op ons voorbereiding, speel vir mekaar, en laat die hokkie praat.
Aan ons ondersteuners: Julle is ons 12de speler.




