’n Belangrike inligtingsvergadering oor die pad vorentoe vir die Khoisan-gemeenskappe in Suid-Afrika word op 5 en 6 Desember in Kimberley in die Noord-Kaap gehou. ’n Afvaardiging verteenwoordigend van die drie Khoisan-huise in die Goudveld is, van links, hoofman Andries Mattheus (Adam KokV Royal-huis), hoofvrou Maria Kok (Adam KokV Royal-huis), koningin Wilhemina Taaibosch (Korana-huis) en chief Gert Visagie (Adam KokV Royal-huis). Afwesig is chief George April (Kraalshoek Griekwa-huis) en chief Ivan van der Ross (Adam KokV Royal-huis). Dié afvaardiging sal saam met ander Goudvelders die Kimberley-vergadering bywoon.

Marti Will

’n Noodsaaklike inligtingsvergadering rakende die pad vorentoe vir die Khoisan-gemeenskappe word op 5 en 6 Desember in Kimberley gehou.

In voorbereiding hierop nooi die Khoi- en San-huise die Korana-huis onder leiding van sy Majesteit Taaibosch, die Kraalshoek Griekwa-huis en die Adam KokV Royal-huis in die Goudveld die Khoisan-gemeenskap in Bronville na ’n vergadering op 13 November in die Bronville-gemeenskapsaal.

Die vergadering sal om 17:00 begin.

“Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton Mckenzie, het al die verskillende leiers van die Khoi- en San-gemeenskappe uitgenooi na ’n belangrike tweedaglange vergadering in Kimberley,” verduidelik chief Ivan van der Ross, Vrystaatse provinsiale sekretaris.

“Ons, die Khoi- en San-volk is opgewonde oor die uitnodiging,” meen hy.

“Vir die eerste keer kry ons leiers die voorreg en erkenning oor belangrike besluite wat geneem en vasgepen gaan word oor die toekoms en die bestaan van die Eerste Nasie in Suider Afrika.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article