Elektrisiteitstoevoer na Wesselsbron in die Vrystaat is sedert omstreeks 06:00 vanoggend onderbreek ná ’n transformator uitgeskakel het by die Wesselsbron-substasie. Elektrisiteitsgebruikers in Wesselsbron en Monyakeng word geraak.
Daar word verwag dat toevoer vandag teen 14:00 herstel moet wees.
“Ons vra om verskoning vir die ongerief en stel klante wat geraak word gerus dat die onderbreking met die vereiste dringendheid opgepas word. Elektrisiteitsgebruikers word daaraan herinner om alle elektriese installasies as lewendig en gevaarlik te hanteer aangesien elektrisiteitstoevoer enige tyd sonder kennisgewing herstel kan word.”
– Stefanie Jansen van Rensburg, kommunikasie-praktisyn van Eskom


