Inwoners van die Hennenman- en Phomolong-gemeenskap in die Matjhabeng Munisipaliteit verduur al meer as 18 maande lank voortdurende aand-waterbeperkings.
Vaal Central Water (VCW) het dit ingestel om reservoirpeil by die Ventersburg- en Mmamahabane-reservoir te handhaaf. Daar is egter groot lekke by die twee sleutelreservoirs in die gebied wat die krisis vererger.
“Ondanks herhaalde waarskuwings is herstelwerk nie uitgevoer nie. In plaas daarvan word gemeenskappe gedwing om by ‘n onbuigsame program aan te pas, terwyl miljoene liter water daagliks verlore gaan,” sê Maxie Badenhorst, DA-raadslid vir die gebied.

Die krisis word vererger deur Matjhabeng se skuld van R6 miljard aan die VCW. Dit het herstelwerk, instandhouding en kontrakteuraanstellings tot stilstand gebring.
Die grootste bekommernis lê by die Brabant-reservoir. Sekuriteitsbeamptes merk voortdurende lekkasie wanneer dit gevul word. Die deursypeling het ‘n dam op landbougrond gevorm, wat dit onbruikbaar maak. Dit dreig nou om die R70-pad weg te vreet.






You must be logged in to post a comment.