Ses atlete van Goudveld-Hoërskool het medaljes verower tydens die 2026 SA-atletiekkampioenskappe.

Lynn-Mari Louw het drie goue medaljes behaal. Sy het eerstes in gewigstoot (12,27 m) en diskus (44,95 m) verower, asook ‘n tweede plek in hamergooi (45,86 m). By die ASA SA-kampioenskappe het sy derde in hamergooi geplaas (49,78 m).

Louw se persoonlike rekords sluit in hamergooi 50,6 m, diskus 44,98 m en gewigstoot 12,83 m. Sy het gedurende die seisoen 22 eerste plekke en een tweede plek by verskillende kompetisies behaal.

Carli Taljaard het vierde in diskus by die SA’s geplaas. Haar persoonlike rekord in diskus is 38,05 m. Sy het drie tweede plekke gedurende die seisoen verower.

Britz Reinders het agtste in hamergooi by die SA’s geplaas met 53,78 m. Sy persoonlike rekord is 56,76 m. Sy het twee eerste plekke en een tweede plek gedurende die seisoen behaal.

Dohandré Janse van Rensburg het agtste in diskus geplaas met 49,14 m. Sy persoonlike rekords sluit in diskus 50,16 m en gewigstoot 14,42 m. Hy het 12 eerste plekke gedurende die seisoen verower.

Xandri Britz het as onder-16-atleet in die onder-17-kategorie meegeding en 11de geplaas met 39,38 m. Haar persoonlike rekord is 40,92 m. Sy het een eerste plek en een tweede plek gedurende die seisoen behaal.

Kaydene Keyser het 15de geplaas met 33,84 m. Haar persoonlike rekord is 38 m. Sy het een eerste plek en een tweede plek gedurende die seisoen behaal.

Dohandre Janse van Rensburg
Kaydene keyser
Xandri Britz
Lynn-Mari Louw
Britz Reinders
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article