God se Woord is my inspirasie – ek kon vanjaar weer begin om daardeur te lees. Wat ‘n wonderlike ervaring is dit nie vir my nie. My eie geskiedenis word vir my deur God se oë gesien. God het my gemaak en Hy is verseker baie lief vir my. Hy het ‘n plan met my en Hy wil my gebruik net soos ek is.
Ek glo soos ek het jy ook baie vrae. Daar is nie antwoorde nie, net emosies wat vir ons soms so seer is dat ons twyfel in God se eenwees met my. Deur God se woord te lees en by elke verhaal stil te staan weet ek net. As God vir Abraham, Isak en Jakob kon gebruik, gaan hy verseker my kan gebruik, al voel my lewensverhaal soms so deurmekaar.
Ek glo soos ek het jy ook baie vrae.
In Genesis 18:14 vra God aan Abraham: “Is iets te buitengewoon vir My?” Hoeveel keer het God hulle verseker “Ek is” is met jou. God is met ons. Hy is die Een wat ons verstaan. Hy is die Een wat presies weet en Hy is die Een wat vir jou en vir my nooit alleen los nie.
Eksodus 14:14 is my gebed vir jou: “Bly jy maar kalm. Die Here sal vir jou veg.”
LEES OOK: Stel vertroue in alwetende God en wag op die vervulling van sy Woord(Opens in a new browser tab)
Kom ons gee ons beste vir ons Vader en vertrou Hom op sy Woord. Mag jou Bybel weer vir jou ‘n inspirasie wees. Verseker is “Ek is” met jou en los Hy jou nie alleen nie.





