Gemeenskap om hulp gevra in soektog na vermiste Bronville-man

Lebohang Hoffman (18) word vermis. Foto: SAPD


Die agtienjarige Lebohang Hoffman van Bronville word sedert Woensdag 24 Julie vermis.

Die Bronville-polisie vra om hulp vanaf die gemeenskap om die vermiste man op te spoor. Op Woensdag het Hoffman sy huis by Winniepark, Bronville, om 13:00 verlaat om saam met sy vriende te gaan speel. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie.

’n Voorlopige ondersoek is begin en ’n soektog van stapel gestuur by al die moontlike plekke waar Hoffman opgespoor kan word maar sonder sukses, sê kapt. Stephen Thakeng, skakelbeampte van die Lejweleputswa-polisie.

Hoffman is laas gesien met ’n groen sweetpaktop en ’n geel sweetpakbroek aan. Hy is donker van gelaat, 1,8 m lank met kort hare. Hy ly aan epilepsie.

Enigiemand met inligting wat sal help om Hoffman op te spoor, kan speursers. Hennita Motaung van die Bronville-speurdienste by 057-910-9928 gedurende kantoorure kontak, of op die selfoonnommer 072-124-0441. Hulle kan ook die Stop Misdaadnommer 08600-101111 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article