’n Legende in die rugby-wêreld is oorlede, en sy sterfte gaan beslis ’n groot leemte laat.
Oersond Gorgonzola het in 2009 by Harry Pienaar as hoofafrigter van die Griffon-rugbyspan oorgeneem. Hy was tot sy dood deel van die Griffons se afrigtingspan.
Meegevoel het sedert sy dood uit alle oorde ingestroom.
Gorgonzola het die Curriebeker Eerste Divisie in 2014, 2016 en 2017 gewen. Hy was hoofafrigter van verskeie groot name in rugby, insluitend die spanne van die Chatty Secondary School en Hillside High School in die Oostelike Provinsie (OP), die PE Harlequins-klub in die Oostelike Provinsie en die provinsiale EP Elephants- senior span van die OP-rugby-unie. Hy was ook hulpafrigter van die nasionale o.19-span.
“Een van die belangrikste bydraes wat Oersond gelewer het was om vir ons almal te leer jy kies die beste speler om te speel, ongeag sy kleur.
“Dit het veroorsaak dat ons nou een van die beste getransformeerde spanne is. Die span het ook ’n uitstekende geskiedenis op die veld. Dit is alles gebou op die fondamente wat Oersond vir ons geskep het,” sê Randall September, woordvoerder vir die familie.
Benewens sy vrou, Colleen, laat Gorgonzola sy kinders Shanaaz Adams, Rushdeya Savahl, Siro Savahl en Hajeera Rayners agter, asook tien kleinkinders: Shanley Adams, Jayda Savahl, Rhaeez Adams, Kendall Rayners, Nazneen Adams, Avery Adams, Lamar Savahl, Asher Adams, Aaron Adams en Lucas Rayners.
Roubeklaers kan hul meegevoel Saterdag (02/09) tussen 09:00 en 10:00 by Drakensbergstraat 4, Jim Fouché-park, betoon. Gorgonzola word om 11:00 begrawe vanuit die Lewende Water-bediening, Milner Weg 60, Jim Fouche-park.





