Die dansers van die Vibez-dansskool in Welkom het heelwat eerbewyse verower in die Dance Face-uitdaging wat by die Laerskool Koppie Alleen in Riebeeckstad plaasgevind het. Altesaam 32 dansers van dié skool het in die onderskeie afdelings deelgeneem.

Dansers vat vlam

Die dansers van die Vibez-dansskool in Welkom het die naweek van 7 Junie heelwat eerbewyse verower in die Dance Face-uitdaging wat by die Laerskool Koppie Alleen in Riebeeckstad plaasgevind het.

Altesaam 32 dansers van dié skool het in die onderskeie afdelings deelgeneem. Die 13 solo-dansers het 10 diamant-, 8 platinum- en 3 goue eerbewyse gewen.

Die 2 duetgroepe het goud gewen, en die 5 groter groepe het 3 goue en twee platinum-eerbewyse gewen, terwyl die 3 hip-hop-groepe 2 platinum- en 1 goue eerbewys verwerf het. In die ope afdeling het die groep Bills ‘n diamant-eerbewys gekry.

Spesiale eerbewyse is toegeken aan: Anri Cox, vir dinamika en toewyding; Leah Blignaut, vir dinamika en sterk styl; Kayley Cardoso, vir houding en selfvertroue; en Dominique Joubert, vir veelsydigheid. Die styl-eerbewyse het gegaan aan Dominique vir haar hip-hop-roetine waarin sy die hoogste telling verwerf het. Dominique het ook ‘n algehele eerbewys vir haar solo-dans ontbang.

Die Vibez-dansskool is boonop die mees geesdriftige dansgroep aangewys. Die ouderdomsafdeling-wenners van dié skool is Dominique (12 tot 14 jaar) en Kayley (vyf jaar en jonger). Hier is die 32 dansers van die Vibez-dansskool wat deelgeneem het.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article