Micheala Swart op Danser.

Twee ruiters van die URC-stalle in Welkom, Micheala Swart op Danser en Wesley Swart op Kilimanjaro, het aan die Senekal- en Magagong-skou deelgeneem.

Die broer-en-suster-span op hul Amerikaanse saalperde het op die twee geleenthede Welkom se naam hoog gehou. Die Magagong-skou was op 3 en 4 Oktober, en die Senekal-skou was vroëer vanjaar tussen 3 en 5 April.

Wesley het in Magagong aan klas 3 deelgeneem en gekwalifiseer vir die grootkampioen-vyfgang, kinderplesierperd, en in ‘n goeie derde plek geplaas.

Micheala se perd Danser is 20 jaar oud. Hulle het in Senekal aan die beste vroue driegangklas deelgeneem en was eerste. In Magagong het sy aan klas 42 deelgeneem en deurgegaan na die grootkampioen-driegang, plesierperd, en is daar as ‘n reserwekampioen geplaas.

Wesley Swart op Kilimanjaro. Foto’s: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article