Die Valke in Welkom het drie verdagtes in hegtenis geneem ná hulle gepoog het om die departement van arbeid te bedrieg.
Die verdagtes tussen die ouderdomme van 22, 23 en 38 is op verskillende dae deur lede van die Valke se Ernstige Korrupsie-eenheid, wat in Welkom gebaseer is in hegtenis geneem.
Op Vrydag, 21 Julie het twee verdagtes die departement van arbeid se kantore in Welkom genader en vervalste dokumente voorgelê in ’n poging om van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) te eis.
Die verdagte kon nie alle vrae wat aan hulle gestel is, beantwoord nie, en die WVF-amptenaar het agterdogtig geraak.
By verdere ondersoek het die WVF-amptenare ontdek dat die verdagtes nooit in diens van die maatskappy was soos op die eisvorm aangedui nie.
Die SAPD is toe ontbied en twee verdagtes is op die toneel is vir ondervraging in hegtenis geneem.
Op Saterdag, 22 Julie is die derde verdagte wat met die saak verbind word in Bloemfontein in hegtenis geneem.




