Getuie het te veel pyn om in moordverhoor in Welkom te getuig

Adv. Allen Simpson saam met Linda van den Heever (beskuldigde) in die hof in Welkom.

Alet van der Walt

Die moordverhoor van Linda van den Heever (60) het Vrydag weens beurtkrag en ’n getuie se pyntoestand voortydig tot stilstand gekom in die rondgaande hof in Welkom.

Kiewiet van der Westhuizen, Linda se gewese vriend, sou Vrydag oor die gebeure op 14 Desember 2021 getuig toe Linda se eksman, André (64), doodgeskiet is.

Linda het dié dag uit Welkom na Van der Westhuizen se woonstel in Hennenman gery.

Linda het dié dag uit Welkom na Van der Westhuizen se woonstel in Hennenman gery.

Van der Westhuizen het die polisie gebel en Linda is by sy woonstel op ’n moordklag in hegtenis geneem.

Van der Westhuizen was in April vanjaar in ’n ernstige motorfietsongeluk en verduur erge ongemak.

Die aanklaer, adv. Ena Liebenberg, het Vrydag gevra dat die verhoor uitgestel word omdat die krag nie dadelik na beurtkrag weer aangeskakel het nie.

Dit het nog meer as ’n uur geduur en Van der Westhuizen, wat reeds vroeg by die hof was, het erge pyn en ongemak begin verduur.

Regter Pitso Molitsoane het die verhoor van 18 Maart tot 22 Maart uitgestel.

Elain Marx, Van den Heever se kantoorassistent, het Maandag getuig oor die gebeure die oggend toe hy dood is.

Marx het aan die hof vertel hoe die gewese egpaar in ’n onderonsie betrokke was en dat daar bloed aan Van den Heever se hemp was.

Van den Heever, ’n prokureur, het ’n skoon hemp gaan aantrek, Linda is terug na die ander deel van die huis.

Van den Heever het sy prokureurspraktyk uit die huis bedryf en die geskeide egpaar het die huis in Longweg, Welkom gedeel.

Marx het vir haar en die Van den Heevers tee gemaak en was op pad om met haar koppie tee buite te gaan sit toe sy ’n skoot hoor klap het.

Marx het vir haar en die Van den Heevers tee gemaak en was op pad om met haar koppie tee buite te gaan sit toe sy ’n skoot hoor klap het.

Sy het na buite gehardloop om die egpaar se seun Christopher te bel.

Marx het aan die hof vertel dat Christopher haar nie kon hoor nie en sy het ’n ander foon in die kantoor gaan haal.

Op pad na haar kantoor het sy gesien dat Linda vir Van den Heever aan sy voete van sy kantoorstoel probeer trek.

Marx het weer na buite gehardloop toe nog ’n skoot afgevuur is.

Hoewel Marx getuig het dat Van den Heever se hemp voor met bloed besmeer was, het sers. Werner Holzhausen, van Welkom se blitspatrollie getuig dat daar agter in die kraag bloed was en dat die kraag ook geskeur was.

Dr. Chantelle Liebenberg van die staatslykhuis in Welkom het getuig dat Van den Heever weens ’n kopskoot onmiddelik dood is en dat hy krapmerke in sy nek en aan sy voorarms gehad het.

Dr. Chantelle Liebenberg van die staatslykhuis in Welkom het getuig dat Van den Heever weens ’n kopskoot onmiddelik dood is en dat hy krapmerke in sy nek en aan sy voorarms gehad het.

Liebenberg het dié beserings beskryf as wat sy vereenselwig met huishoudelike geweld.

Holzhausen is die dag van die moord uit Welkom na Van der Westhuizen se woonstel waar hy vir Linda gekry het.

Holzhausen het getuig dat Linda emosieloos op haar rug in haar gewese kêrel se woonstel gelê het.

Hy het gesê dat sy nie vir hom as geskok voorgekom het nie.

’n Ambulansman, Letholo Tlali, is deur Holzhausen na die woonstel ontbied omdat Linda gesê het sy is beseer.

Tlali het getuig dat Linda met haar oë toegelê het en in ’n toestand van skok was

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article